Skip to main content

Webgebaseerde en Mobiele Toepassingsplatform Privaatheidsbeleid

Laaste Opdatering 25 Mei 2021

Inleiding

Science 37, Ing. (“Science 37,” “ons”) is daartoe verbind om u inligting te beskerm. Daarom wil ons hê dat u vertroud moet wees met hoe ons u inligting verwerk op Science 37 se Webgebaseerde en/of Mobiele Toepassingsplatform (“Platform”), wat ons voorsien om deelname in kliniese proewe te vergemaklik. Hierdie Science 37 Platform Privaatheidsbeleid (“Privaatheidsbeleid”) gee ‘n uiteensetting oor hoe Science 37 inligting versamel, gebruik en openbaar wat u verskaf tydens u interaksies met die Platform. Dit is apart van die praktyke vir datahantering soos uiteengesit deur die borg in die Inligting- en Toestemmingsvorm. 

Borge neem belangrike besluite oor watter Persoonlike Inligting versamel word en hoe u Persoonlike Inligting gebruik en openbaar gemaak word as deel van ‘n kliniese proef. Vir meer inligting oor hoe u Persoonlike Inligting in die kliniese proef hanteer word, u databeskermingsregte en wie om te kontak as daar enige vrae oor die kliniese proef is, raadpleeg gerus die vertroulikheidsafdeling van die relevante Inligting- en Toestemmingsvorm.

Soos gebruik in hierdie Privaatheidsbeleid, beteken “Persoonlike Inligting” enige inligting wat gebruik kan word om ‘n natuurlike persoon te identifiseer of redelik gekoppel kan word, direk of indirek, aan ‘n spesifieke natuurlike persoon.

Inligting Wat Ons Oor U Versamel

Ons versamel die volgende Persoonlike Inligting wanneer dit versoek word deur die borg om Platform-gebruikersrekeninge te skep:

  • U naam en e-posadres

  • U taalvoorkeur en tydsone

Hoe Ons U Persoonlike Inligting Versamel

Ons sal inligting van u versamel wanneer u vorms op die Platform voltooi. Ons kan ook inligting versamel wanneer u met ons korrespondeer (byvoorbeeld, per e-pos) en wanneer u ‘n probleem met die Platform rapporteer. 

Ons moet Persoonlike Inligting versamel om die aangevraagde Platform-dienste aan u te verskaf. As u nie die gevraagde inligting verskaf nie, kan ons moontlik nie die Platform-dienste lewer nie. Indien u enige Persoonlike Inligting met betrekking tot ander mense aan ons of aan ons diensverskaffers openbaar in verband met die Platform, verklaar u dat u die magtiging het om dit te doen en ons toelaat om die inligting te gebruik in ooreenstemming met hierdie Privaatheidsbeleid.

Hoe Ons Persoonlike Inligting Gebruik en Bekend Maak

Gebruik

Ons gebruik die Persoonlike Inligting wat ons versamel vir die wetlike, kontraktuele en besigheidsdoeleindes geassosieer met u deelname aan die kliniese proef. Dit sluit byvoorbeeld die versameling van Persoonlike Inligting vir diensverwante doeleindes in (soos die optimalisering van u gebruikerservaring en behoud van die Platform se sekuriteit), ondersteuning van nakoming (u ligging kan bepaal watter wette of regulasies op u van toepassing is) en die verskaffing van taalvoorkeur aanpassings.

Ons en ons diensverskaffers gebruik Persoonlike Inligting vir die volgende doeleindes:

  • Verskaffing van die Platform-funksionaliteit en die uitvoering van u versoeke.

    • Om die Platform se funksionaliteit aan u te bied, soos om toegang tot u geregistreerde rekening te reël en u te voorsien van verwante kliëntedienste.

    • Om te reageer op u navrae en u versoeke uit te voer, wanneer u ons kontak via een van ons aanlyn kontakvorms of andersins; byvoorbeeld, wanneer u vrae, voorstelle, komplimente of klagtes aan ons stuur.

    • Om administratiewe inligting aan u te stuur, soos veranderinge aan ons bepalings, voorwaardes, beleide en veranderinge aan die Platform.

Ons sal betrokke wees by hierdie aktiwiteite om ons kontraktuele verhouding met u te bestuur en/of aan ‘n wetlike verpligting te voldoen.

  • Bereik van ons besigheidsdoeleindes.

    • Om die veiligheid van die Platform te administreer en te beskerm, insluitend probleemoplossing, data-analise en die stelsel te toets.

    • Vir data-analise; byvoorbeeld, om tendense oor die gebruik van die Platform te beoordeel, om doeltreffendheid van die Platform te verbeter.

    • Vir oudits, om te verifieer dat ons interne prosesse funksioneer soos dit bedoel is en om wetlike, regulatoriese, of kontraktuele vereistes aan te spreek.

    • Vir die voorkoming van bedrog en die doeleindes van bedrog-sekuriteit monitering; byvoorbeeld, om kuberaanvalle of pogings om identiteitsdiefstal te pleeg te bespeur en te voorkom.

    • Vir die ontwikkeling van nuwe produkte en dienste.

    • Vir die versterking, verbetering, herstel, instandhouding, of wysiging van ons huidige produkte en dienste, sowel as die onderneming van gehalte veiligheidsversekeringsmaatreëls.

Ons is betrokke by hierdie aktiwiteite om ons kontraktuele verhouding met u te bestuur, om aan ‘n wetlike verpligting te voldoen en/of op grond van ons wettige belang.

  • Samestelling en/of anonimisering van Persoonlike Inligting.

    • Ons kan Persoonlike Inligting saamstel en/of anonimiseer sodat dit nie meer as Persoonlike Inligting beskou sal word nie. Ons doen dit om ander data vir ons gebruik te genereer, wat ons vir enige doel mag gebruik en openbaar, aangesien dit nie meer u of enige ander individu identifiseer nie. Ons kan byvoorbeeld algehele gebruiksdata saamstel om tendense te identifiseer oor hoe Platform gebruikers toegang tot ‘n spesifieke Platform-funksie verkry om oor toekomstige verbeterings in te lig.

Openbaarmaking

Persoonlike Inligting kan aan ons derdeparty-diensverskaffers bekend gemaak word om die dienste wat hulle aan ons lewer te vergemaklik. Dit kan webgasheer-, data-analise-, bedrogvoorkomings-, inligtingstegnologie- en verwante infrastruktuurvoorsieningdienste, kliëntediens, e-poslewering, oudit en ander dienste insluit.

Ander Gebruike en Openbaarmakings

Ons gebruik en openbaar ook u Persoonlike Inligting soos nodig of toepaslik, sonder u spesifieke toestemming, vernaamlik wanneer ons ‘n wetlike verpligting of wettige belang het om dit te doen, insluitend:

  • Om te voldoen aan ‘n hofbevel, wet, of regsproses, insluitend om te reageer op ‘n regerings- of regulatoriese versoek, wat wette buite u land van verblyf kan insluit.

  • Om saam te werk met openbare en regeringsowerhede, insluitend om te reageer op ‘n versoek of om inligting te verskaf wat na ons mening nodig of toepaslik is (dit kan owerhede buite u land van verblyf insluit).

  • Om saam te werk met wetstoepassers, insluitend, byvoorbeeld, wanneer ons reageer op versoeke en bevele van wetstoepassers of inligting verskaf wat na ons mening belangrik is.

  • Vir ander wetlike redes, insluitend om ons bepalings en voorwaardes af te dwing of om ons regte, privaatheid, veiligheid of eiendom en/of dié van ons affiliasies, u of ander te beskerm.

  • In verband met ‘n verkoop- of saketransaksie. Ons het ‘n wettige belang daarin om u Persoonlike Inligting bekend te maak of oor te dra aan ‘n derdeparty in geval van enige herorganisasie, samesmelting, verkoop, gesamentlike onderneming, toewysing, oordrag, of ander beskikking van alle of enige gedeelte van ons besigheid, bates, of voorraad (insluitend in verband met enige bankrotskap of soortgelyke regsgeding).

Ander Inligting

Ander Inligting” is enige inligting wat nie u spesifieke identiteit openbaar nie of wat nie direk verband hou met ‘n identifiseerbare individu nie. Die Platform versamel Ander Inligting soos:

  • Blaaier- en toestelinligting

  • Toepassing gebruiksdata

  • Inligting versamel deur pixelmerkers en ander tegnologieë

  • Inligting wat op so ‘n manier saamgestel is dat dit u spesifieke identiteit nie meer openbaar nie

Ons kan Ander Inligting gebruik en openbaar vir enige doel, behalwe waar ons ingevolge toepaslike wetgewing andersins verplig word. Indien ons verplig is om Ander Inligting as Persoonlike Inligting te hanteer ingevolge toepaslike wetgewing, mag ons dit gebruik en openbaar vir die doeleindes waarvoor ons Persoonlike Inligting gebruik en openbaar soos uiteengesit in hierdie Privaatheidsbeleid. In sommige gevalle kan ons Ander Inligting met Persoonlike Inligting kombineer. Indien ons dit doen, sal ons die gekombineerde inligting as Persoonlike Inligting hanteer.

Oordrag en Berging van Persoonlike Inligting

Science 37 se hoofkantoor is in Los Angeles, Kalifornië, in die Verenigde State. U Persoonlike Inligting kan geberg en verwerk word in enige land waar ons fasiliteite het of waar ons diensverskaffers betrek en, deur die Platform te gebruik, verstaan u dat u inligting na lande buite die land waar u woon oorgedra sal word, insluitend die Verenigde State, wat databeskermingsreëls kan hê wat moontlik verskil van diegene van u land. In sekere omstandighede kan howe, wetstoepassingsagentskappe, regulatoriese agentskappe of veiligheidsowerhede in daardie ander lande geregtig wees op toegang tot u Persoonlike Inligting.

Bykomende Inligting Met Betrekking tot die EER, Switserland en Verenigde Koninkryk

Sommige nie-EER lande word deur die Europese Kommissie, Switserland en die Verenigde Koninkryk erken as ‘n voldoende vlak van databeskermingsverskaffing volgens hul standaarde (die volledige lys van lande met voldoende beskerming is hier beskikbaar). Vir oordragte vanaf die EER, Switserland en die Verenigde Koninkryk na lande wat nie deur die Europese Kommissie as voldoende beskou word nie, het ons voldoende maatreëls ingestel, soos standaard kontraktuele klousules wat deur die Europese Kommissie aanvaar is om u Persoonlike Inligting te beskerm. U kan ‘n afskrif van hierdie maatreëls verkry deur ons te kontak in ooreenstemming met die “Hoe om Ons te Kontak”-afdeling hieronder.

Indien u enige privaatheidsverwante vrae het oor die oordrag of berging van u Persoonlike Inligting, kontak ons gerus by Privacy@Science37.com.
 

Datasekuriteit

Science 37 is daartoe verbind om die Persoonlike Inligting wat u met ons deel te beskerm. Ons probeer om ‘n kombinasie van redelike sekuriteitstegnologieë, prosedures en organisatoriese maatreëls te gebruik om u Persoonlike Inligting te help beskerm teen ongemagtigde toegang, gebruik of openbaarmaking. Ongelukkig kan geen data-transmissie of bergingstelsel 100% gewaarborg word om beveilig te wees nie. Indien u rede het om te glo dat u interaksie met ons nie meer beveilig is nie, moet u ons asseblief onmiddellik in kennis stel in ooreenstemming met die “Hoe om Ons te Kontak”-afdeling hieronder.

Dataretensie

Ons bewaar u persoonlike inligting vir die tydsduur benodig of toegelaat in die lig van die doeleinde(s) waarvoor dit verkry is, soos uiteengesit in hierdie Privaatheidsbeleid en/of in ooreenstemming met toepaslike wetgewing. Die kriteria wat gebruik word om ons retensietydperke te bepaal, sluit in: 

  • Die tydsduur waarvoor ons ‘n voortdurende verhouding met u het en die Platform aan u verskaf (byvoorbeeld, vir die duur van die studie waaraan u deelneem);

  • Óf daar ‘n wetlike verpligting is waaraan ons onderhewig is; en

  • Óf retensie raadsaam is in die lig van ons regsposisie (soos met betrekking tot toepaslike verjaringswetgewing, litigasie, of regulatoriese ondersoeke). 

U Regte

Indien u wil versoek om toegang te kry tot u Persoonlike Inligting of om dit reg te stel, op te dateer, te onderdruk, te beperk, te verwyder, of beswaar te maak teen of te onttrek van die verwerking van Persoonlike Inligting, of as u graag wil versoek om ‘n afskrif van u Persoonlike Inligting te ontvang vir doeleindes om dit aan ‘n ander maatskappy te stuur (insoverre hierdie regte deur die toepaslike wetgewing aan u verskaf word), kontak ons asseblief deur middel van die kontakinligting aan die einde van hierdie Privaatheidsbeleid. Ons sal op u versoek reageer ooreenkomstig die toepaslike wetgewing. 

In u versoek, maak dit asseblief duidelik watter Persoonlike Inligting u graag wil verander of as u graag u Persoonlike Inligting uit ons databasis wil onderdruk. Vir u beskerming, mag ons slegs versoeke met betrekking tot die Persoonlike Inligting wat verband hou met die spesifieke e-posadres wat u gebruik om u versoek aan ons te stuur, implementeer en sal ons moontlik u identiteit moet verifieer voordat ons u versoek implementeer. Ons sal probeer om so gou moontlik aan u versoek te voldoen.

Let asseblief daarop dat ons moontlik sekere inligting moet bewaar vir rekorddoeleindes en/of om enige transaksies te voltooi wat u vóór die versoek om verandering of verwydering begin het. 

Indien u onttrek van of onttrek word uit ‘n kliniese proef, sal ons nie enige nuwe inligting van die Platform versamel of ontvang nie. Inligting wat reeds versamel, verwerk en gestoor is tot die tydstip waarop u onttrekkingsversoek ontvang en verwerk word, mag egter nie verwyder word nie en kan voortgaan om vir kliniese proefdoeleindes gebruik te word, insluitend die nakoming van wetlike vereistes, tensy andersins vereis deur die toepaslike wetgewing.

Veranderinge aan die Privaatheidsbeleid

Ons kan veranderinge aan die Platform aanbring en, as gevolg hiervan, sal ons hierdie Privaatheidsbeleid moet hersien om sodanige veranderinge te weerspieël. Ons sal alle sodanige veranderinge aan hierdie Privaatheidsbeleid op ons webwerf plaas, dus, hersien asseblief hierdie bladsy gereeld. Enige veranderinge sal in werking tree wanneer ons die hersiene Privaatheidsbeleid op ons webwerf plaas.

Hoe om Ons te Kontak

Science 37, Ing.
Jen Davis, Adjunk-beampte Algemene Raad en Privaatheidsbeampte
600 Corporate Pointe #320
Culver City, Kalifornië (CA) 90230

Bykomende Inligting Met Betrekking tot die EER en Verenigde Koninkryk

U kan ook