Skip to main content

Bepalings en Voorwaardes van Science 37 se Webgebaseerde en Mobiele Toepassingsplatform

 U gebruik van Science 37 se Webgebaseerde of Mobiele Toepassingsplatform geld as u aanvaarding van hierdie Bepalings en Voorwaardes. U is toegang tot Science 37 se Webgebaseerde en/of Mobiele Toepassingsplatform verleen teneinde u deelname aan ‘n kliniese proef te vergemaklik. Maak asseblief seker dat u hierdie Bepalings en Voorwaardes aandagtig deurlees, veral daardie afdelings oor Afstanddoening van Waarborge, Lisensiebeperkings, U Voorstellings en Waarborge, Aanspreeklikheidsbeperking, Vrywaring en Wetgewing en Bevoegde Hof, wat ons in hoofletters verskaf het, onderstreep het of vetgedruk is om u aandag daarop te vestig. Verwerping van hierdie Bepalings en Voorwaardes kan veroorsaak dat u nie in aanmerking kom vir deelname aan sodanige proef nie.

Wie ons is en oor hierdie ooreenkoms

Science 37, Ing. (gesamentlik verwys as “Science 37”, “Ons”) vergemaklik u deelname aan ‘n kliniese proef deur sy Science 37 Webgebaseerde en/of Mobiele Toepassingsplatform (“Platform”) aan u te lisensieer. Die Platform stel u in staat om die Science 37 Platform te benut as deel van die kliniese proef (“Proef”) waarin u belangstelling getoon het. Hierdie bepalings en voorwaardes (“Bepalings en Voorwaardes”) vorm ‘n wettige ooreenkoms tussen Science 37 en u, die individu (“u” en “u s’n”) met betrekking tot u toegang tot en gebruik van die Platform en Diens. Na verskaffing van die Platform word in hierdie Bepalings en Voorwaardes verwys as die “Diens.”   
 
Science 37 se rol word beperk tot die beskikbaarstelling van hierdie Platform en die Diens aan u. Science 37 is onafhanklik van die borg en verskaffers van gesondheidsorg vir die kliniese proef, asook ander personeel wat proefverwante dienste aan u deur die Diens sal lewer. Science 37 is nie verantwoordelik of enigsins aanspreeklik vir sodanige verskaffers van gesondheidsorg se personeel se optrede, weglatings of enige inhoud van die kommunikasie wat deur hulle verskaf word nie. Deur hierdie Platform en Diens te verskaf, voorsien Science 37 nie mediese of gesondheidsadvies of dienste nie.

U privaatheid

Ons gebruik enige persoonlike inligting wat u verskaf deur u gebruik van die Platform en die Diens ooreenkomstig die metodes uiteengesit in ons Privaatheidsbeleid. Ons gebruik hierdie data op geen ander manier nie. 

Indien u die Platform vanaf ‘n app-winkel aflaai, kan die bepalings en voorwaardes en privaatheidsbeleid van sodanige app-winkel op u van toepassing wees. Ons raai u aan om die bepalings en voorwaardes en privaatheidsbeleid van die betrokke app-winkel wat u gebruik om die Platform af te laai deur te lees om hul bepalings te verstaan asook hoe hulle u persoonlike inligting gebruik.
 
Ondersteuning vir die Platform

Indien u meer wil weet oor die Platform of ondersteuning benodig om die Platform te gebruik, kontak ons gerus by techsupport@science37.com.

U moet 13 jaar (of die ekwivalente minimum ouderdom in u land of woongebied) of ouer wees om hierdie Bepalings en Voorwaardes te aanvaar en die Platform te gebruik.

Indien u nie regsbevoegdheid het (omdat u byvoorbeeld minderjarig is) om hierdie Bepalings en Voorwaardes aan te gaan nie, moet u asseblief seker maak dat u hierdie Bepalings en Voorwaardes saam met u wettige voog deurlees en die Platform slegs gebruik indien hulle ingestem het tot u gebruik en hierdie Bepalings en Voorwaardes.

Hoe u die Platform mag gebruik

In ruil vir instemming om aan hierdie Bepalings en Voorwaardes te voldoen, mag u:

(i)        ‘n kopie van die Platform op u mobiele toestel aflaai en die Platform en die Diens op sodanige toestel besigtig, gebruik en vertoon, slegs vir u persoonlike doeleindes; en

(ii)       enige aanvullende sagtewarekode of opdaterings van die Platform ontvang en gebruik en "verbeterings" en regstellings van foute wat ons aan u beskikbaar stel, inkorporeer.

U mag die Platform nie aan iemand anders oordra nie.

In ruil vir u ooreenkoms tot hierdie Bepalings en Voorwaardes, gee ons aan u persoonlik die reg om die Platform en die Diens te gebruik, soos hierbo uiteengesit. U mag die Platform of die Diens nie andersins aan iemand anders oordra nie.

Opdaterings van die Platform en veranderinge aan die Diens

Van tyd tot tyd kan ons die Platform en/of Diens outomaties opdateer of verander om werkverrigting te verbeter, funksionaliteit te verhoog, veranderinge aan die bedryfstelsel te reflekteer of sekuriteitskwessies aan te spreek. Alternatiewelik, kan ons u vra om die Platform om hierdie redes op te dateer.

Indien u kies om nie sodanige opdaterings te installeer nie, of as u onttrek aan outomatiese opdaterings, kan u moontlik nie voortgaan om die Platform en die Diens te gebruik nie.

Indien iemand anders die foon of toestel besit wat u gebruik

Indien u die Platform aflaai op enige foon of ander toestel wat u nie besit nie, moet u die eienaar se toestemming hê om dit te doen. U sal daarvoor verantwoordelik wees om aan hierdie Bepalings en Voorwaardes te voldoen, ongeag of u die foon of ander toestel besit waarop u die Platform afgelaai het.

Lisensiebeperkings

U stem in dat u nie:

(i)        die Platform sal kopieer nie, behalwe soos uitdruklik toegelaat deur hierdie lisensie;

(ii)       die Platform sal verander, vertaal, aanpas, of andersins nabootsende werkstukke of verbeterings skep nie, ongeag of dit patenteerbaar is;

(iii)      die bronkode van die Platform of enige gedeelte daarvan te ontmantel, demonteer, ontbind, dekodeer of andersins probeer om dit af te lei of daartoe toegang te verkry nie;

(iv)      enige handelsmerke of enige outeursreg, handelsmerk patent of ander intellektuele eiendom of vermoënsregte kennisgewings sal verwyder, skrap, verander, of verdoesel uit die Platform nie, insluitend enige kopie daarvan;

(v)       die Platform, of enige funksies of funksionaliteit van die Platform om enige rede sal huur, verhuur, uitleen, verkoop, onderlisensieer, toewys, versprei, publiseer, oordra, of andersins beskikbaar stel aan enige derde partye nie, insluitend deur die Platform beskikbaar te stel op ‘n netwerk waar dit toeganklik is op meer as een toestel op enige tydstip; of

(vi)      enige kopiebeskerming, regtebestuur, of sekuriteitsfunksies in of wat die Platform beskerm sal verwyder deaktiveer, omseil, of andersins enige tydelike oplossing skep of implementeer nie.

U voorstellings en waarborge

Deur die Platform te gebruik, stem u in tot die volgende:

(i)        u sal die Platform of Diens nie op enige onwettige wyse, vir enige onwettige doel, of enige wyse wat nie ooreenstem met hierdie bepalings gebruik nie, of bedrieglik of kwaadwillig optree, byvoorbeeld, deur kuberkraking of invoeging van enige kwaadwillige kode, soos virusse of skadelike data in die Platform of Diens nie;

(ii)       u sal nie inbreuk maak op ons intellektuele eiendomsregte of diegene van enige ander derde partye met betrekking tot u gebruik van die Platform of Diens nie;

(iii)      u sal nie enige materiaal stuur wat lasterlik, aanstootlik of andersins afkeurenswaardig is met betrekking tot u gebruik van die Platform of Diens nie;

(iv)      u sal die Platform of Diens nie gebruik op ‘n manier wat die sekuriteit van die Platform of Diens kan beskadig, deaktiveer, oorlaai, belemmer of in gevaar stel of inmeng met ander gebruikers nie; en

(v)       u sal nie enige inligting of data van die Diens versamel of insamel nie.

Intellektuele eiendomsregte

Alle intellektuele eiendomsregte in die Platform en die Diens regoor die wêreld behoort aan Science 37 en die regte in die Platform en die Diens word aan u gelisensieer (nie verkoop nie). U het geen intellektuele eiendomsreg in, of tot die Platform of die Diens nie, behalwe die reg om dit te gebruik in ooreenstemming met hierdie Bepalings en Voorwaardes.

Beëindiging

Indien u hierdie Bepalings en Voorwaardes oortree, sal u vermoë om die Platform en/of Diens te gebruik, beëindig word. Hierdie optredes is bykomend tot enige ander reg of regsmiddel wat Science 37 moontlik volgens wet beskikbaar het.

U kan hierdie Bepalings en Voorwaardes beëindig deur toegang en gebruik van die Platform te staak.   

Ons kan hierdie Bepalings en Voorwaardes te eniger tyd beëindig sonder kennisgewing, met of sonder rede.

Met beëindiging:

Alle regte wat aan u verleen is kragtens hierdie Bepalings en Voorwaardes sal ook beëindig word; en u moet alle gebruik van die Platform staak en die Toepassing verwyder van u mobiele toestel. Science 37 sal u toegangsregte tot die Platform verwyder.

Beëindiging sal nie enige wetlike regte of regsmiddele of ekwiteit van Science 37 beperk nie.

Afstanddoening van Waarborge. DIE PLATFORM WORD "SOOS DIT IS" AAN U GEBIED EN MET ALLE FOUTE EN DEFEKTE SONDER WAARBORG VAN ENIGE AARD. TOT DIE MAKSIMUM MATE TOEGELAAT DEUR DIE TOEPASLIKE WET, DOEN SCIENCE 37 UITDRUKLIK AFSTAND VAN ENIGE WAARBORGE, HETSY UITDRUKLIK OF GEÏMPLISEERD, WETLIK OF ANDERSINS, MET BETREKKING TOT DIE PLATFORM, INSLUITEND ALLE GEÏMPLISEERDE WAARBORGE VAN VERKOOPBAARHEID, GESKIKTHEID VIR ‘N BEPAALDE DOEL, TITEL EN NIE-SKENDING, EN WAARBORGE WAT MAG VOORTSPRUIT UIT VERLOOP VAN HANDEL, VERLOOP VAN WERKVERRIGTING, GEBRUIK OF HANDELSPRAKTYK.  SONDER BEPERKING TOT DIE VOORGAANDE, BIED SCIENCE 37 GEEN WAARBORG OF ONDERNEMING EN MAAK GEEN VOORSTELLING VAN ENIGE AARD DAT DIE PLATFORM AAN U VEREISTES SAL VOLDOEN, ENIGE BEOOGDE RESULTATE SAL BEREIK, VERENIGBAAR SAL WEES, OF SAL WERK SAAM MET ENIGE ANDER SAGTEWARE, TOEPASSINGS, STELSELS, OF DIENSTE, SAL WERK SONDER ENIGE ONDERBREKINGS, VOLDOEN AAN ENIGE WERKVERRIGTING OF BETROUBAARHEIDSSTANDAARDE, OF FOUTVRY SAL WEES NIE, OF DAT ENIGE FOUTE OF DEFEKTE GEKORRIGEER KAN OF SAL WORD NIE.

NIETEENSTAANDE DIE VOORGAANDE, WIL NIKS IN HIERDIE BEPALINGS EN VOORWAARDES ENIGE PARTY SE AANSPREEKLIKHEID TEENOOR ‘N ANDER UITSLUIT OF BEPERK MET BETREKKING TOT DOOD OF PERSOONLIKE LETSEL WAT VEROORSAAK WORD DEUR NALATIGHEID, BEDROG OF BEDRIEGLIKE WANVOORSTELLING, OF ANDER AANSPREEKLIKHEID WAT NIE DEUR TOEPASLIKE WETTE KAN BEPERK OF UITGESLUIT WORD NIE.

SOMMIGE JURISDIKSIES LAAT SEKERE AFSTANDDOENINGS VAN WAARBORGE NIE TOE NIE, DUS IS SOMMIGE VAN OF AL DIE BOGENOEMDE DALK NIE OP U VAN TOEPASSING NIE.

Sekuriteit van Platform. U begryp en stem in dat die Platform, soos die meeste ander Internet programmatuur en dienste, onderhewig kan wees aan sekuriteitskwessies (insluitend maar nie beperk tot sekuriteitskwessies wat veroorsaak word deur gebruikers, netwerkdiensgehalte, sosiale omgewing, virusse, Trojaanse perd-programme, kwaadwillige programme, ens.). Science 37 is nie verantwoordelik vir en kan nie die sekuriteit van enige datatransmissie wat deur u of u mobiele toestel met onbeveilige internetverbindings gemaak word verseker nie. U aanvaar die inherente veiligheidsimplikasies om die Platform te gebruik en ons raai u aan om veiligheidsmaatreëls in plek te stel om u toestel te beskerm (soos deur opgedateerde antivirus-stelsels).

Beperking van Aanspreeklikheid. TOT DIE MAKSIMUM MATE TOEGELAAT DEUR DIE TOEPASLIKE WETGEWING, SAL SCIENCE 37 NIE ENIGSINS ENIGE AANSPREEKLIKHEID HÊ VOORTSPRUITEND UIT, OF WAT VERBAND HOU MET U GEBRUIK VAN OF ONVERMOË OM DIE PLATFORM OF DIE INHOUD EN DIENSTE TE GEBRUIK VIR:

PERSOONLIKE LETSEL, SKADE AAN EIENDOM, WINSVERLIES, KOSTE VAN PLAASVERVANGENDE GOEDERE OF DIENSTE, DATAVERLIES, VERLIES VAN WELWILLENDHEID, ONDERBREKING VAN SAKE, REKENAARPROBLEME OF WANFUNKSIONERING, OF ENIGE ANDER GEVOLGLIKE, TOEVALLIGE, INDIREKTE, PROMINENTE, SPESIALE OF BESTRAFFENDE SKADEVERGOEDING.

DIE VOORGAANDE BEPERKINGS SAL VAN TOEPASSING WEES ONGEAG OF SODANIGE SKADE VOORTSPRUIT UIT KONTRAKBREUK, DELIKTEREG (INSLUITEND NALATIGHEID), OF ANDERSINS EN ONGEAG OF SODANIGE SKADE VOORSIENBAAR WAS OF DAT SCIENCE 37 GEADVISEER WAS OOR DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE. SOMIMGE JURISDIKSIES LAAT SEKERE BEPERKINGS NIE TOE NIE, DUS IS SOMMIGE VAN OF AL DIE BOGENOEMDE BEPERKINGS NIE OP U VAN TOEPASSING NIE.

Vrywaring. U stem in om Science 37 en sy beamptes, direkteure, werknemers, agente, sustermaatskappye, opvolgers en regsverkrygendes te vrywaar, verdedig, en skadeloos te hou van en teen enige en alle verliese, skade, aanspreeklikhede, tekorte, eise, aksies, uitsprake, skikkings, rente, toekennings, strawwe, boetes, kostes of uitgawes van watter aard ook al, insluitend redelike prokureursfooie, voortspruitend uit, of wat verband hou met u gebruik of misbruik van die Platform of Diens of u oortreding van hierdie Bepalings en Voorwaardes, insluitend maar nie beperk tot die inhoud wat u indien of deur hierdie Platform beskikbaar maak nie.

Skeidbaarheid. Indien enige bepaling van hierdie Bepalings en Voorwaardes onwettig of onafdwingbaar onder die toepaslike wetgewing is, sal die oorblywende gedeelte van die bepaling gewysig word om die effek van die oorspronklike bepaling so na as moontlik te bewerksstellig en sal alle ander bepalings van hierdie Bepalings en Voorwaardes in volle krag en effek bly.

Wetgewing en Bevoegde Hof. Hierdie Bepalings en Voorwaardes is onderhewig aan en word vertolk in ooreenstemming met die interne wette van die staat Kalifornië, V.S.A, sonder om uitvoering te gee aan enige keuse of konflik van wetsbepaling of reël. Enige regsgeding, aksie, of prosedure wat voortspruit uit of verband hou met hierdie Bepalings en Voorwaardes of die Platform, sal uitsluitlik in die howe van die staat van Kalifornië ingestel word. U doen afstand van enige en alle besware teen die uitoefening van jurisdiksie oor u deur sodanige howe en sodanige howe se jurisdiksie.

Volledige Ooreenkoms. Hierdie Bepalings en Voorwaardes en ons Privaatheidsbeleid vorm die volledige ooreenkoms tussen u en Science 37 met betrekking tot die Platform en Diens en vervang alle vorige of gelyklopende begrippe en ooreenkomste, hetsy skriftelik of mondeling, met betrekking tot die Platform.

Kwytskelding. Geen versuim en geen vertraging in die uitoefening van enige party se reg of enige bevoegdheid hiertoe, sal dien as kwytskelding daarvan nie en geen enkele of gedeeltelike uitoefening van enige reg of bevoegdheid hiertoe sal enige verdere uitoefening van daardie of enige ander reg hiertoe uitsluit nie. In die geval van konflik tussen hierdie Bepalings en Voorwaardes en enige toepaslike aankoop of ander bepalings, sal die bepalings van hierdie Bepalings en Voorwaardes bepalend wees.

Opdatering van kontrakbepalings. Hierdie Bepalings en Voorwaardes kan van tyd tot tyd opgedateer word. Deur voort te gaan om die Platform te gebruik, stem u in om al die opgedateerde Bepalings te aanvaar. Indien u nie met enige van die opgedateerde Bepalings en Voorwaardes saamstem nie, moet u ophou om die Platform te gebruik.

Kontak ons

Indien u enige vrae het oor hierdie Bepalings en Voorwaardes of kennis moet gee aan, of met Science 37 moet kommunikeer, kontak ons gerus by Legal@Science37.com.